Carved Unlimited is ‘n familie besigheid in Port Elizabeth. Sedert hulle in 2013 begin het, het hulle nog nie weer terug gekyk nie. Met 2 SA Argus laser masjiene, lewer hulle ‘n wye verskeidenheid van produkte en dienste – van troukaartjies, naamborde, trofees en vele meer.

adat ons as gesin vir dekades gewoond was aan ‘n vaste en veilige werksomgewing, het ons in Januarie 2013 met ‘n skok besef dat werksekuriteit nie noodwendig ‘n gegewe is nie. Skielik moes ons na ander moontlikhede kyk om vir ons pensioen en ons kinders se toekoms voorsiening te maak.

Die laser industrie het baie aanloklik gelyk aangesien ons daarvan hou om skeppend te wees. Die wye omvang van produkte en dienste wat ons sou kon lewer het die besluit beklink. Die regte masjien en ‘n betroubare voorsiener was die volgende groot besluit.
Twee maande later het ons die Hobby-X uitstalling in Johannesburg bygewoon en met verskeie verskaffers van lasermasjiene gepraat. SA Argus het los hande gewen. Ons kon al die boksies merk en dan was hulle boonop nog sulke gawe en vriendelike mense ook.

Die aankoop en opleiding van ons eerste masjien het seepglad verloop en teen Junie het ons die deure van ons studio aan die publiek oopgestel. Ons het gou besef dat ons nie ‘n beter keuse kon maak nie toe ons hulp nodig gehad het en ‘n tegnikus van SA Argus binne 24 uur op ‘n vliegtuig was en ons probleem gou-gou reggemaak het.

Teen November kon ons nie voorbly met die werklading nie en ‘n tweede groter en sterker masjien is teen Januarie 2014 bestel. Intussen het die perseel te klein geword en vier maande later het ons in ‘n groter spasie met 2 masjiene ingetrek.

Die moeilikste besluit was wat ons fokus sou wees. Die veelsydigheid van die bedryf het dit baie moeilik gemaak om te kies. Uitendelik het ons besluit om juis dit ons fokus te maak. ‘n Studio opset waartoe verskillende bedrywe en besighede sowel as die publiek direkte toegang het was die uiteinde. Die volume van werk wat ons tans hanteer is ‘n bewys dat dit die regte besigheids besluit was.

Die visie van Carved Unlimited is nie alleen om ‘n kwaliteit diens en produk aan ‘n wye verskeidenheid van kliente te lewer nie maar ook om ‘n bydra tot die plaaslike ekonomie te lewer. Met daardie doel het ons ‘n program begin om werklose mense te help om entrepreneurs te word deur hulle leiding en geleenthede te gee om hul eie besighede op die been te bring met produkte wat ons teen korting verskaf.

Die toekoms lyk goed….geleenthede is onbeperk.

Ons het aanvanklik op SA Argus besluit, bo ander verskaffers, omdat julle soveel meer ingestel was op kliente diens.